Aya Sophia

Aya Sophia
Uitsig op die Aya Sophia vanaf Sultanahmet-plein.
Uitsig op die Aya Sophia vanaf Sultanahmet-plein.
Ligging  Istanboel, Turkye
Voltooi  537 n.C.
Status  Bisantynse Christelike katedraal
(537-1054)
Grieks-Ortodokse katedraal
(1054-1204)
Rooms-Katolieke katedraal
(1204-1261)
Grieks-Ortodokse katedraal
(1261-1453)
Ottomaanse moskee (1453-1931)
Museum (1935-tans)
Argitek(te )  Isidore van Miletus
Anthemius van Tralles
Spesifikasies 
Materiale  Maatsteen, bakstene
Styl  Bisantyns
Deel van
Historiese gebiede van Istanboel
*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Lande Vlag van Turkye Turkye
Tipe Kultureel
Kriteria (i)(ii)(iii)(iv)
Verwysings 356bis
Streek
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1985  (9de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Aya Sophia of Hagia Sophia (Grieks: Ἁγία Σοφία, "Heilige Wysheid"; Latyn: Sancta Sophia of Sancta Sapientia; Turks: Ayasofya) is ’n eertydse Oosters-Ortodokse basilika, later ’n moskee en nou ’n museum in Istanboel, Turkye. Van sy inwyding in 360 tot in 1453 was dit ’n katedraal van Konstantinopel, behalwe tussen 1204 en 1261 toe dit ’n katedraal van die Latynse Ryk was. Die gebou was ’n moskee van 23 Mei 1453 tot in 1934, toe dit gesekulariseer is; dit het op 1 Februarie 1935 ’n museum geword.[1]

Dit is veral bekend vir sy enorme koepel en word beskou as die beste voorbeeld van die Bisantynse argitektuur. Dit het destyds die "geskiedenis van argitektuur verander".[2] Die Aya Sophia was byna duisend jaar lank die grootste katedraal in die wêreld, tot met die voltooiing van die Sevilla-katedraal in 1520.

Die kerk is ontwerp deur Isidore van Miletus, ’n fisikus, en Anthemius van Tralles, ’n wiskundige.[3] Dit het onder andere ’n groot versameling relieke gehuisves, asook ’n 15 meter hoë silwer-ikonestase (beeldewand).

In 1453 is Konstantinopel deur die Ottomaanse Turke verower en sultan Mehmet II het gelas dat die gebou ’n moskee word.[4] Die klokke, altaar, ikonestase en offervate is verwyder en baie van die mosaïekwerk is toegemessel. Die Islamitiese elemente soos die mihrab (gebedsnis), minbar (kansel) en vier minarette buite is tydens sy jare as moskee bygevoeg. Dit is in 1935 deur die Republiek van Turkye onder Mustafa Kemal Atatürk in 'n museum verander.

Dit was byna 500 jaar die hoofmoskee in Istanboel en het as model gedien vir baie latere Ottomaanse moskees soos die Blou en die Süleymaniye-moskee.

  1. Magdalino, Paul, en ander, "Istanbul: Buildings, Hagia Sophia" in Grove Art Online. Oxford Art Online. http://www.oxfordartonline.com. URL besoek op 28 Februarie 2010.
  2. Simons, Marlise. "Center of Ottoman Power". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 4 Junie 2009.
  3. Kleiner, Fred S.; Mamiya, Christin J. (2008). Gardner's Art Through the Ages: volume I, hoofstukke 1-18 (12de uitg.). Mason, OH: Wadsworth. p. 329. ISBN 0-495-46740-5.
  4. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2009. Besoek op 18 Maart 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne